Die realiteit van

plaasaanvalle

Definisie van plaasmoorde

Syfers oor plaasaanvalle en -moorde

Die inligting op hierdie webwerf is verkry uit die jongste beskikbare databasis van AfriForum se gemeenskapsveiligheidsafdeling oor plaasaanvalle en plaasmoorde, asook uit vorige bevindings wat deur AfriForum gepubliseer is. Bykomende uittreksels is verkry uit mediaberigte en ander organisasies, insluitend die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika (TLU SA) en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).

Die gemiddelde aantal voorvalle per week van 2019 tot 2024 was ongeveer 6,76

Ten minste 3 240 mense is van 2019 tot 2024 direk deur plaasaanvalle geraak. Hierdie raming sluit slagoffers in wat direk aangerand, gedreig of vermoor is of teenwoordig was op die toneel van ’n aanval.

Ten minste 5 647 aanvallers en/of verdagtes was op een of ander manier by hierdie plaasaanvalle betrokke.

Gebaseer op SAPD-data van 2019 tot 2022, is skuldigbevindings in slegs 66 (d.w.s. 4,7%) van die 1 402 plaasaanvalle en plaasmoordvoorvalle verkry.

Maandelikse verspreiding van die persentasie plaasaanvalle en -moorde wat van 2019 tot 2024 plaasgevind het.

Maand

Aanvalle (insluitend moorde)

Moorde

Januarie

8%

4%

Februarie

8%

8%

Maart

8%

8%

April

8%

10%

Mei

9%

8%

Junie

9%

11%

Julie

9%

11%

Augustus

10%

11%

September

8%

7%

Oktober

8%

7%

November

9%

7%

Desember

8%

8%

*Nota: Syfers is afgerond.

Persentasie plaasaanvalle en -moorde per provinsie (2019 tot 2024)

Provinsie

Aanvalle (insluitend moorde)

Moorde

Gauteng

29%

20%

KwaZulu-Natal

8%

14%

Limpopo

10%

7%

Mpumalanga

10%

12%

Noord-Kaap

1%

4%

Noordwes

14%

9%

Oos-Kaap

9%

8%

Vrystaat

12%

19%

Wes-Kaap

8%

7%

*Nota: Syfers is afgerond.

Modus operandi van verdagtes en/of aanvallers

Alhoewel die omstandighede van aanvalle verskil, gebruik verdagtes ‘n verskeidenheid taktieke om dit uit te voer.

Plaasaanval- en plaasmoordverdagtes kan alleen of in groepe optree, wat in grootte kan wissel van twee individue tot baie groter groepe.

Verdagtes gebruik ‘n verskeidenheid taktieke om plase te betree, wat verrassingslokvalle insluit of deur slagoffers te lok onder valse voorwendsels dat die aanvallers plaasprodukte wil koop.

Verdagtes gebruik ‘n verskeidenheid wapens, insluitend vuurwapens, messe, pangas, pikke, ysterstawe en hul kaal hande.

Soms steel die aanvallers slagoffers se voertuie as ontsnappingsvoertuie. Sommige van hierdie voertuie word later verlate gevind.

Erns van geweld:

Geselekteerde noemenswaardige gevalle oor die jare


  • Alice Lotter en haar dogter Helen is in Maart 2009 wreed aangeval naby Welkom in die Vrystaat. Die moeder en haar dogter is albei aangerand en gemartel en het aan hulle beserings beswyk. Die dogter se voortande is uitgeslaan, sy het veelvuldige wonde gehad en haar geslagsdele is vermink. Die moeder is dood weens versmoring as gevolg van die insluk van bloed uit steekwonde.
  • In Desember 2010 is die Potgieter-gesin aangeval en vermoor op ’n plaas naby Lindley in die Vrystaat. Die egpaar se tweejarige dogter, Wilmien, is op kort afstand tereggestel en in ’n boks gelaat. Die pa is 151 keer met ’n hooivurk gesteek, en die ma se keel is afgesny. ’n Nota op die plaashek het gelui: “Ons het hulle doodgemaak. Ons kom terug.”
  • In Mei 2011 is ’n 49-jarige boer van Ottosdal in die Noordwes-provinsie, Andries van der Merwe, deur drie aanvallers in die bors, rug en kop geskiet nadat hy met ’n vuurwapen aangehou is terwyl die aanvallers sy huis geplunder het. Sy liggaam is toe aan die agterkant van sy voertuig vasgemaak en ongeveer 1,2 km ver gesleep voordat die motor omgeslaan het.
  • In Januarie 2012 is die 77-jarige boer Hendrik Cilliers op sy plaas naby Stella in die Noordwes-provinsie geslaan, aan ’n boom vasgemaak en toe tereggestel. Sy liggaam is toe meer as ’n kilometer ver agter sy voertuig gesleep.
  • In Oktober 2013 is ’n bejaarde egpaar, Dawid en Ralie de Villiers, op hulle plaas naby Barkly-Oos in die Oos-Kaap vermoor en hulle gestremde seun is vir dood agtergelaat. Die aanvaller het die egpaar verskeie kere gesteek. ’n Nommer, moontlik gekoppel aan ’n misdaadbende, is in die slagoffers se bloed teen die mure van die huis geskryf.
  • In Januarie 2015 is Toon en Rienie Swanepoel (albei in hulle sewentigs) op hulle plaas in die Vrystaat vermoor. Die twee is aan ’n bed vasgebind en ure lank gemartel en Rienie is herhaaldelik verkrag voordat hulle na ’n afgeleë gebied van die plaas geneem is, waar hulle geskiet is.
  • In Februarie 2017 is Susan Howarth en haar man, Robert Lynn, (albei in hulle sewentigs) op hulle plaas naby Dullstroom in Mpumalanga aangeval. Hulle is met ’n blaasvlam gemartel, geskiet en vir dood in ’n sloot agtergelaat. Slegs die man het oorleef.
  • In Maart 2018 is ’n gesin wreed aangeval op hulle plaas naby Hankey in die Oos-Kaap. Die aanvaller het gedreig om die ma voor haar kinders, 15 en 13 jaar oud, te verkrag en het toe die ma, wat in die boude geskiet is, verkrag. Die aanvaller het ook gedreig om die vrou se dogter te verkrag. Die gesin het oorleef, maar was diep getraumatiseer.
  • In Mei 2019 is Jurie en Liezel Wessels op hulle plaas naby Bonnievale in die Wes-Kaap aangeval. Jurie is in die kop geskiet en is dood, terwyl Liezel gesteek is en kookwater oor haar gegooi is.
  • In Julie 2020 is Danie (83), Breggie (73) en Elzabie Brand (54) aangeval en ontvoer van hulle kleinhoewe in Hartswater, Noord-Kaap. Hulle liggame is dae later ontdek. Hulle is vasgebind en verwurg en het wonde van stomp en skerp voorwerpe aan hulle koppe en gesigte gehad.
  • In Maart 2021 is die 70-jarige boer Bertus Steenberg dood aangetref op sy plaas Leeuwpoort naby Ogies in Mpumalanga, vasgebind aan ’n voertuig met ’n nylontou. Volgens die polisie is hy waarskynlik met die tou en ’n hemp verwurg en het hy kop- en gesigbeserings opgedoen as gevolg van ’n aanranding.
  • In Maart 2022 is ’n 76-jarige man, Gustaf Rappard, deur vier aanvallers op sy plaas in Delmas, Mpumalanga, met ’n baaltou verwurg. Sy liggaam is later in die skuur ontdek. Tydens die aanval was sy vrou binne die huis vasgebind.
  • In Junie 2023 het ’n aanvaller Anneke Claassen (76) en haar vriend Hennie Claassen (77) op haar plaas Klipfonteinhoek naby Ohrigstad, Limpopo, in ’n lokval gelei en vermoor. Hulle is gemartel en hulle liggame is deur die aanvaller aan die brand gesteek.
  • In Mei 2024 is ’n bejaarde egpaar in hulle sewentigerjare, Christo en Christa Morrison, op hulle plaas Rietfontein naby Glen in die Vrystaat aangeval. Christa se gedeeltelik geklede liggaam is in ’n septiese tenk ontdek, en haar man se liggaam is in ’n boorgat gevind. Daar is berig dat die vrou se keel afgesny is en dat haar man met ’n skaapskêr vermoor is.
  • In Oktober 2025 is Rolé Uys (70) saam met haar plaaswerkers aan ’n uur lange marteling onderwerp deur vier aanvallers op haar plaas in Carolina, Mpumalanga. Die slagoffers is gedwing om te gaan lê, en die aanvallers het kookwater oor Uys en haar plaasbestuurder gegooi.    

Tydlyn van

noemenswaardige gebeurtenisse

  • 1991 to 1997:
    Volgens die TLU SA is 791 plaasaanvalle aangeteken.
  • 1997–1998:
    Die Suid-Afrikaanse regering het die landelike veiligheidsberaad aangebied en die landelike beskermingsplan aangekondig om landelike veiligheid, en plaasaanvalle in die besonder, die hoof te bied. Teen 1998 het plaasaanvalle prioriteitstatus gekry.
  • 2001–2003:
    Die komitee van ondersoek na plaasaanvalle, ingestel deur die minister van Veiligheid en Sekuriteit, het sy verslag in 2003 uitgereik, maar die verslag het nie die brutaliteit en marteling wat dikwels met aanvalle gepaard gaan gedek nie.  
  • 2003:
    President Thabo Mbeki het onverwags die ontbinding van die kommandostelsel aangekondig – ’n vrywillige, deeltydse reserwemag van die Suid-Afrikaanse Weermag (SANDF) en ’n kerndeel van die landelike veiligheidsplan – en sodoende die fokus op plaasveiligheid verminder.
  • 2006:
    Die SANDF het bevestig dat die meeste kommando-eenhede teen die einde van 2006 uitgefaseer sal word.
  • 2008:
    Die SAPD het opgehou om amptelike statistieke oor plaasaanvalle te publiseer.
  • 2010:
    Julius Malema, destydse president van die African National Congress Youth League (ANCYL), het vir die eerste keer die anti-apartheidstrydlied “Dubul’ ibhunu”, vertaal as “Shoot the Boer” of “Kill the Boer”, in die openbaar gesing. Sedertdien het hy die lied by talle geleenthede gesing..
  • 2012–2016:
    AfriForum het herhaaldelik memorandums, verslae en regsversoeke ingedien waarin die regering aangespoor is om plaasaanvalle as ’n prioriteitsmisdaad te klassifiseer, maar ten spyte van protesoptogte, betogings en hofaksies het amptenare die appèlle grootliks geïgnoreer of van die hand gewys.
  • 2018:
    Die minister van Polisie het in die parlement verklaar dat eenhede soos die Direktoraat vir Prioriteitmisdaadondersoek (DPMO) op alle plaas- en kleinhoewe-aanvalle sal reageer, wat daarop dui dat dit as prioriteitsmisdade behandel sal word. ’n Maand later het hy hierdie standpunt omgekeer en bevestig dat plaasaanvalle nie prioriteitmisdaadstatus sal kry nie.
  • 2018:
    In ’n plasing op sosiale media het president Donald Trump van Amerika beweer dat “grootskaalse moorde op boere” in Suid-Afrika plaasvind. In reaksie hierop het president Cyril Ramaphosa egter beweer dat “daar geen moorde op boere of wit boere in Suid-Afrika is nie.”
  • 2020:
    AfriForum het ’n ope brief aan president Ramaphosa gerig waarin ’n vergadering versoek is om die plaasmoordkrisis te bespreek, maar geen vergadering het plaasgevind nie.
  • 2022–2024:
    In Augustus 2022 het die Suid-Afrikaanse Gelykheidshof beslis dat die liedjie “Dubul’ ibhunu” (“Shoot the Boer”), gesing deur Julius Malema en die EFF, nie haatspraak daarstel nie en dit as politieke uitdrukking beskou. Hierdie beslissing is in Maart 2024 deur die Hoogste Hof van Appèl gehandhaaf en AfriForum se appèl is van die hand gewys.
  • 2025:
    Die Konstitusionele Hof het AfriForum se appèl teen die Hoogste Hof van Appèl se uitspraak dat “Dubul’ ibhunu” (“Shoot the Boer”) nie haatspraak is nie, van die hand gewys.

    AfriForum het die nasionale polisiekommissaris versoek om plaasaanvalle as ’n nasionale prioriteitmisdaad te klassifiseer, maar die DPMO se reaksie was dat hierdie misdaad nie sodanige status sal kry nie.

Wat doen AfriForum

TYDLYN INHOUD

  • Toename in plaasveiligheidstrukture reg oor die land.
  • Verslag toon afname in plaasmoorde, wat dui op moontlike versterkte veiligheidstrukture.
  • Aktiewe betrokkenheid by veiligheidsinisiatiewe.
  • Grootskaalse bewusmakingsveldtogte plaaslik en oorsee.
  • AfriForum ondersteun slagoffers van plaasaanvalle met regshulp en trauma-ondersteuning.
  • Uitbreiding van veiligheidstrukture na meer dorpe en distrikte.
  • AfriForum neem deel aan internasionale mediatoere en lewer insette in onderhoude met internasionale kanale.
  • Publikasie van jaarverslae oor plaasaanvalle en veiligheid.
  • Begin met veiligheidskameranetwerke en hommeltuie in sekere landelike gebiede.
  • Aktivistiese veldtogte teen plaasmoorde in groot stede soos Pretoria en Kaapstad.
  • #StopDieMoorde-sosialemediaveldtog kry wêreldwye aandag.
  • Loodsdie Stop die moorde-veldtog – gefokus op internasionale druk, statistieke en plaaslike mobilisering.
  • Begin met veiligheidsopleiding en radio-infrastruktuur vir plaasgemeenskappe.
  • Onderneem internasionale bewusmakingsreise oor plaasmoorde – insluitend petisies en besprekings by die VN.
  • AfriForum begin met die dokumentering van plaasaanvalle en stel statistieke van plaasmoorde en aanvalle bekend.
  • Oprigting van plaaslike veiligheidstrukture en buurtwagte in gemeenskappe.

AfriForum is gestig as burgerregte-organisasie, met veiligheid as een van die kernfokuspunte.

Wilmien Potgieter Studiefonds

Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.

Resilient voices

Verslae

Mediaverklarings

27/11/2025
Diplomatieke krisis met VSA is in niemand se belang nie – AfriForum

Die burgerregteorganisasie AfriForum sê die huidige diplomatieke krisis met die VSA is in niemand in Suid-Afrika se belang nie en…

13/08/2025
AfriForum verwelkom VSA-verslag wat vervolging van minderheidsgroepe, bedreigings vir eiendomsregte bevestig

Volgens die burgerregteorganisasie AfriForum is die gedetailleerde verslag wat deur die Amerikaanse staatsdepartement se buro vir Demokrasie, Menseregte en Arbeid…

29/07/2025
VSA-ondersoek bevestig plaasmoorde is nie “gewone misdaad” nie – AfriForum

AfriForum het vanoggend weer ’n beroep op die prioritisering van plaasaanvalle gedoen ná ’n ondersoek oor plaasaanvalle van die Amerikaanse…

17/07/2025
Leandra-plaasaanval: AfriForum verwelkom swaar vonnisse vir drie aanvallers

AfriForum verwelkom die swaar vonnisse wat vandag in die Evander-landdroshof opgelê is aan drie plaasaanvallers wat ’n 60-jarige vrou en…

04/06/2025
NVG se traagheid in 81-jarige boer se moordsaak ’n skandelike onreg – AfriForum 

Klankgreep: Jacques Broodryk (Afrikaans) Klankgreep: Jacques Broodryk (Engels) AfriForum hou vol dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) skuldig staan aan ’n…

28/05/2025
Ramaphosa oortree VN se Volksmoordkonvensie deur nie “Kill the Boer” te veroordeel nie

AfriForum sê die feit dat president Cyril Ramaphosa gister opnuut geweier het om die “Kill the Boer, kill the farmer”-oproep…